Noot vir Brood

Vanjaar debuteer Chris Chameleon sy produksie Noot vir Brood by Cultivaria 2010.

In Noot vir Brood verduidelik Chameleon op skerpsinnige wyse die pad na sukses in die Afrikaanse musiekindustrie. Hy steek die draak met konvensies in die bedryf en skep terselfdertyd stof tot nadenke met betrekking tot die aard van Afrikaanse musiek, die wyse waarop gehore se voorkeure die musiek bepaal en hoe die musiek gehore se voorkeure voorskryf.

Op die tipiese Chris Chameleon manier word dit alles gedoen met ‘n goeie dosis humor, gevatte kommentaar en, natuurlik, die pragtige musiek wat van hom een van die bakermatte van Afrikaanse musiek gemaak het.

Cultivaria 2010

26 Sept 10h30
26 Sept 12h30
60 min
R100
Paarlmedia Stadsaal, Paarl

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar