Ludovic Degroof, een van die magtigste en rykste mense van Brugge, se posisie kom in gevaar wanneer daar ingebreek word by die juwelierswinkel van sy seun Ghislain.
Die waardevolle juweliersware word nie gesteel nie, maar net daar opgelos in ‘n bak met suur, koningswater, soos dit genoem word. Die inbrekers laat ‘n raaiselagtige handtekening agter: ‘n Latynse spreuk uit die Middeleeue wat bekendstaan as “die vierkant van die tempelridders”.
Stukkie vir stukkie ontrafel Van In, bygestaan deur sersant Versavel en die uiters aantreklike verteenwoordiger van justisie, Hannelore Martens, die duistere verlede van Ludovic Degroof.
Die vierkant van die wraak is die eerste boek van ‘n indrukwekkende en spannende reeks boeke van Pieter Aspe wat intussen ook verwerk is tot etlike televisiereekse.
Ontmoet vir Pieter Aspe tydens die bekendstelling van Vierkant van die wraak (uit Vlaams vertaal deur Daniel Hugo) by Klubsaal Protea, Universiteit van Pretoria, 6 Oktober om 19h30.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Lewer kommentaar