Immergroen

Immergroen ontsluit die wondere en geheime van die plantwêreld in woorde en beelde.

Dave Pepler se oupa, Boy le Roux, het hom reeds kleintyd in ’n kruiwa saamgestoot veld toe. In dié boek deel Pepler sy diep liefde vir plante van sy kinderjare tot nou. Hy vertel stories uit sy eie verlede, maar bring ook die kunste, ons land se geskiedenis en die wetenskap by.

Pepler se botaniese liefdesverklarings fokus grootliks op inheemse plante – van proteas, aronskelke en verskeie fynbosspesies tot aalwyne, vygies en medisinale en stoepplante. Elkeen word met ’n nostalgiese anekdote ingelei en dan verder in pragtige, verbeeldingryke Afrikaans bespreek.

Dié boeiende versameling oor 25 plante laat die leser met ’n sin van verwondering. Van die essays het in Visi verskyn, terwyl amper die helfte spesiaal vir die boek geskryf is. Daarmee saam is daar ook praktiese wenke oor hoe om elke plantsoort in jou eie tuin te verbou.

Immergroen gaan oor veel meer as mooi stories: Dis sowel ’n pragtige koffietafelboek as ’n praktiese handleiding. Die kunstenaar Lien Botha het die verbeeldingryke foto’s geneem, en die plantwenke vir tuiniers is deur joernalis en bobaas tuinier, Laurian Brown.

Koop / Buy Immergroen

Ook beskikbaar in Engels: Forever Green.

Lewer kommentaar

Leave a Reply