Isabella staak haar studies en durf saam met Gideon die harde wêreld van die Noord-Kaap aan, waar sy met die aardsheid van die mynmense kennis maak.
Ná haar dogter se geboorte ruk die lewe haar voete onder haar uit: stemme klink op die wind uit die kameeldoringbos, en sy bevind haar in ‘n ondenkbare situasie.
Versoening kom op onverwagte wyses, totdat sy haar kopdokter vind: die suidoos langs die branders by Bloubergstrand.
Isabella is ’n deurdagte verkenning van ’n ongewone moederskap.
Isabella / Mariël le Roux — Tafelberg, 3 Maart 2017; sagteband. — ISBN 9780624081371
Isabella,
Bettie Blom,
19 Maart 2017.
