Rachel, ‘n huiswerker van Mosambiek, se dogter sterf tragies onder die sorg van haar Suid-Afrikaanse werkgewers, die Jordaans.
Sy word gekonfronteer met ‘n onmoontlike keuse: keer sy terug na die armoede van haar geboorteland, of bly sy, om haar visum te hou, en haar familie in Inhassoro te ondersteun?
Dit raak selfs moeiliker wanneer sy uitvind die Jordaans verwag hul eerste kind.
Sink verken verlies uit die perspektief van drie mense van uiteenlopende agtergronde.
Ook ‘n treffer-film.
Sink / Brett Michael Innes — Tafelberg, 15 Februarie 2017; sagteband. — ISBN 9780624081340
Sink,
Bettie Blom,
19 Maart 2017.
