Die skreeusnaakse West End-treffer speel in Bodley se elegante pels-salon af.

Gilbert Bodley, ’n flambojante ekstrovert, beplan om ’n pragtige jong ontkleedanseres, Janie, met ’n peperduur nerts te verlei deur dit vir spotgoedkoop aan haar man, Harry McMicheal, te verkoop. Harry besluit om die nerts eerder vir sy skelmpie, Sue, te koop. Janie trek haar klere in die salon uit en weier om die salon sonder die nerts te verlaat. Pogings om die nerts terug te kry en die naakte Janie te versteek, word omgekrap wanneer Gilbert se vrou, Maud, opdaag.

’n Klug op sy beste.

* Debuut *

Met: o.a. Cobus Venter en Ana van Achterbergh

Regie: Frans Swart

Teks: Ray Cooney en John Chapman
Vertaling en verwerking: Wim Vorster
Oorspronklike titel: Not Now Darling
Vervaardiger: Lefra Produksies
Voorheen getiteld: Dalk later, liefie

Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 2 uur 30 minute
Kaartjies: R150
Plek: SANW-ouditorium, Oudtshoorn
Datum: 8 April 10:00; 9 April 14:30; 10 April 19:00; 11 April 10:00; 12 April 14:30; 13 April 19:00; 14 April 19:00; 15 April 19:00

KKNK 2017


My man se skelmpie se skelmpie se vrou

My man se skelmpie se skelmpie se vrou
My man se skelmpie se skelmpie se vrou

My man se skelmpie se skelmpie se vrou


3

Lewer kommentaar

Leave a Reply