Twee reisende spelers, ’n verteller en handlanger (afgewater uit die Commedia dell’arte-kader), skets drie verhale: die biografie van ’n traan, ’n liefdesdriehoek tussen matador, mantel en bul en ’n legendariese nag van passie.
Wessel Pretorius en David Viviers keer terug na die KKNK met Klara Maas se hart is gebreek, plus twee nuwe verhale wat saam ’n trilogie oor lewensiklusse van drie hard-“vogtige” helde vorm.
Die eerste van dié drie verhale is as deel van die KKNK se eerste Uitkampteater-projek in 2016 met die Kanna vir beste debuutwerk bekroon.
* Debuut *
Met: Wessel Pretorius en David Viviers
Ontwerp: Wessel Pretorius
Vervaardiger: Wessel Pretorius
Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: 12 –
Tydsduur: 1 uur 5 minute
Kaartjies: R110
Plek: Griesselsaal, Oudtshoorn
Datum: 8 April 15:00; 9 April 09:00; 10 April 12:00; 11 April 15:30; 12 April 15:30; 13 April 12:00
KKNK 2017
Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof trilogie
Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof trilogie
Roekeloos
4.5