Dié pittige komedie takel die meedoënlose stryd van menslike oorlewing in die mees genadelose omgewing: die teater.

Ses akteurs speel die rolle van ’n leeu, ’n sebra, ’n gemsbokkoei, ’n muskeljaatkat, ’n maraboe en ’n krokodil, maar die suksesvolle toneelstuk kom tot ’n einde en die magstryd begin om wie in die volgende stuk, Die tuin van goeters, sal speel.

Maar hoe om brood te speel? Of tamatiesous? En wat verg peper van jou kreatiewe vermoë?

Hierdie is die Suid-Afrikaanse première van die vindingryke en uitstaande komedie deur Duitsland se mees opgevoerde moderne toneelskrywer.

Laat die stryd om oorlewing begin.

Gratis gesprek met die geselskap ná die vertoning op 11 April 11:30.

* Debuut *

Met: Dawid Minnaar, Joanie Combrinck, Tinarie van Wyk Loots, Stian Bam, Wessel Pretorius en Ludwig Binge

Regie, ontwerp en vertaling: Marthinus Basson

Teks: Roland Shimmelpfenning
Oorspronklike titel: Das Reich der Tiere
Beligtingsontwerp, produksie- en verhoogbestuur: Chris Pienaar
Assistentverhoogbestuurder: Izel van der Merwe

Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: 14 –
Tydsduur: 1 uur 20 minute
Kaartjies: R130
Plek: Johnny Bisschoff-saal, Oudtshoorn
Datum: 8 April 09:30; 9 April 14:30; 10 April 19:30; 11 April 10:00; 12 April 19:30; 13 April 19:30; 14 April 19:30; 15 April 19:30

KKNK 2017


Die koninkryk van die diere

Stian Bam in Die koninkryk van die diere
Stian Bam in Die koninkryk van die diere

Die koninkryk van die diere


3.5

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply