Van laaitie tot politieke kryger, bandiet tot generaal-majoor, ondergrondse operateur tot presidensiële lyfwag …

Van sy kleintyd in Elsiesrivier neem Jeremy Vearey se lewe talle onvoorspelbare wendings.

Sy eiesoortige vertelling sluit die ouere manne van sy jeug in, die ooms by die damstafel, kerkjeugkampe en die Kommuniste-manifes, skoolhou en ondergrondse werk vir MK, en sy aanhouding op Robbeneiland. As Mandela se lyfwag help hy ’n opstand in die Karoo ontlont, voor hy deel word van die nuwe SAPD, waar hy saam met die gewese vyand terrorisme en Kaapse bendes takel.

En onder alles loop ’n donker stroom.

Uittreksel van Jeremy vannie Elsies

Jeremy vannie Elsies / deur Jeremy Vearey — Tafelberg, 16 Mei 2018 — 232 p. ; sagteband. — ISBN 9780624084365 : R 275.00

Jeremy vannie Elsies
Bettie Blom
15 Junie 2018

3

Lewer kommentaar

Leave a Reply