Roekeloos
16 Februarie
Verweefde verhale vorm die basis van hierdie nuwe roman van Etienne van Heerden.
Die verweefde verhale van Ludo Loeloeraai, die yo-yo-kampioen, Snaartjie Windvogel (die vioolspeler uit In stede van liefde, wat op Matjiesfontein grootword en as ’n sekswerker in die Kaap beland), Elsabé en Doris Steyn, en Eenslie Maree, die Adelbors, vorm die basis van hierdie roman.
Dis hulle almal se geskiedenis, maar veral dié van Ludo, wat op Paternoster afgetree het, en mymer oor sy verlede as pelgrim-yo-yo-speler wat van dorp tot dorp gery en mense vermaak het in skoolsale en skure. Sy rustige lewe word omvergewerp wanneer sy verlede hom begin inhaal.
En dan vind daar ’n opspraakwekkende moord plaas …

Klimtol / deur Etienne van Heerden — Tafelberg, 13 September 2013. — 385 p. ; sagteband. — ISBN 9780624057796 : R 220.00
