
In hierdie verhaal word sy betrek by die ondersoek na ’n tienermeisie, Elodie, wat spoorloos uit ’n plaaslike gastehuis verdwyn het.
Die meisie se ouers het as jong getroudes na Engeland geëmigreer en nou is die pa weer hier vir werk. Die ma en dogter het met vakansie saamgekom en Elodie kry ook geleentheid om spesiale vioollesse by die universiteit by te woon.
Luna se bekommernis oor wat met die meisie gebeur het, laat haar dieper betrokke raak by die gesin en noop haar eindelik om meer te waag as wat haar bevelvoerders van haar sou verwag. Sy volg ’n verdagte motor, word oorrompel en self ontvoer.
In die bak van die motor vind sy die meisie, maar nou is albei gevangenes van ’n kartel wat handel dryf in jong vroue.
Luna moet elke greintjie inisiatief inspan en al haar kennis betreffende selfverdediging bymekaarskraap om van die ontvoerders af weg te kom en om vir Elodie uit die gemors te kry.
Geleidelik blyk dit dat die gesinnetjie se bestaan nie so idillies is as wat dit vir buitestanders mag lyk nie. Aan die einde van die verhaal wag ’n skokkende onthulling op die leser.
Wen een van drie kopieë van Jeanette Stals se Vermis. Besoek Books Live se Facebook-blad en gee een goeie rede waarom jy graag Vermis wil besit. Inskrywings sluit Woensdag 19 April 2017.
Vermis / Jeanette Stals — Lapa, April 2017; sagteband. — ISBN 9780799383331
Bettie Blom,
16 April 2017.
