Light Across Time

Alan is gebore in oud-Rhodesië, en Mel kom oorspronklik van die Vrystaat.

Deesdae werk albei as joernaliste in Londen. Hulle bevriend Elemer, ’n heel eksentrieke man met ’n ring van kristal aan sy vinger. Dis wanneer hulle uitvra oor die ring dat hy ’n raaisel aan hul stel, en geleidelik, stap vir stap, word ’n nuwe wêreld vir hul oopgemaak. ’n Heelal wat hulle nie in hul wildste drome sou kon verbeel nie.

Light Across Time is fassinerende wetenskapsfiksie, met ’n sterk invloed van Nabokov. Die roman speel af in Londen, Johannesburg, die Vrystaat, en die verre, verre verlede.

Die skrywer, Tom Learmont,is ’n koerantman in Johannesburg.

Light Across Time word op 20 Junie 2011 vrygestel.

Light Across TimeSkrywer: Tom Learmont
ISBN: 9780795703324
Prys: ongeveer R 190.00
Formaat: Sagteband, 256 pp

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply