Mensgemaakte wonders van Afrika

Mensgemaakte wonders van Afrika

Roekeloos

In hierdie boek van Dawid van Lill val die kollig op die meer as 1 miljard mense wat in Afrika tuis is, en op alles wat hulle gedoen het om hul onuitwisbare stempel op dié vasteland af te druk.

• ’n Oorsig oor die verskillende aspekte van die lewe in Afrika
• van die uitgestrekte stede tot die duisende aanbiddingsplekke
• ingenieurswonders soos damme en ander geboue, selfs na die unieke vuurtorings,
• monumente en standbeelde wat oral in en om Afrika voorkom.

Kortom, alles wat die storie van Afrika se mense vertel.

Mensgemaakte Wonders van Afrika is nie ’n omvattende gids oor die prestasies van Afrika se mense nie. Dit is ’n klein huldeblyk aan die teenwoordigheid van ’n verstommende verskeidenheid mense en wat hulle gedoen het.

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Mensgemaakte wonders van Afrika
Mensgemaakte wonders van Afrika


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply