Dit is ’n vrolike, prettige eerste woordeboek vol kleurryke illustrasies.
Kinders sal hope pret hê en basiese woordeskat in vier van Suid-Afrika se amptelike tale aanleer terwyl hulle hierdie boek speel-speel verken. Maklike woord-prent-assosiasies word in Afrikaans, Engels, Noord-Sotho en Zoeloe volgens verskillende temas gerangskik.
Van die temas sluit in: klere, kos, tuin, teenoorgesteldes, voëls, diere, skool, my liggaam en my familie.
Dit is ’n moet-hê-boek vir elke gesin se boekrak!
Hierdie teks volg op Maja Sereda se eerste samestelling, My eerste woordeboek: Afrikaans, Engels, Xhosa, Zoeloe. Dié teks is onlangs herdruk en is ook weer in die handel beskikbaar.
My Eerste Woordeboek: Afrikaans, Engels, Noord-Sotho, Zoeloe / deur Maja Sereda — Lapa. — ISBN 9780799384376
My Eerste Woordeboek: Afrikaans, Engels, Noord-Sotho, Zoeloe,
Bettie Blom,
21 Mei 2018.

