La Chair De Ma Chair (vlees van my vlees) is ’n toneelstuk met Buhle Ngaba en Klara van Wyk, met regie en ontwerp deur Penelope Youngleson.
Die stuk is gemodelleer op paternalistiese Suid-Afrikaanse protesteater. Dit kyk met ’n kritiese oog na die plaaslike teater-erfenis, veral die rol van die vrou hierin. Daar is ook ’n tong-in-die-kies verwysing na daardie klassieke Franse werk, Waiting for Godot.
Hier het ons te make met twee Afrika-narre … in limbo. Een swart, een wit. Hulle woon in ‘n toekomstige Suid-Afrika. ’n Somber plek, vol pienk Vrouedag-strikkies, vermom as ’n hoop blinkers lyk en die bloedige nageboorte van die nuwe Nuwe Suid-Afrika.
Met: Klara van Wyk en Buhle Ngaba
Regie en teks: Penny Youngleson
Genre: Drama
Taal: Meertalig
Ouderdomsbeperking: 12 –
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R80
Plek: Graeme College, Grahamstad
Datum: 4 Julie 14:00 & 20:00 5 Julie 11:00
La Chair De Ma Chair

