Met The Mending doen Guy Buttery sy reputasie gestand as innoverende musikant.
Daar is ’n rede dat Buttery die eerste nie-klassieke kunstenaar is wat Standard Bank se Jong Kunstenaar vir Musiek-prys ontvang het vanjaar. Hy neem sy ingewikkelde kitaar-komposisies en herkontekstualiseer dit binne die agtergrond van ’n kontemporêre Afrika-simfonie.
In samewerking met die uitsonderlike komponis Chris Letcher en ’n ongewone ensemble poog die projek om ’n ryk en uniek Suid-Afrikaanse orkestrasie te wees met Afrika, Westerse en Oosterse instrumente.
Die lede van die ensemble tree elk op as ’n onafhanklike musikale stem, wat unieke teksture skep en meerstemmige melodieë en kontrasterende ritmes verweef tot ’n unieke musiekstyl.
The Mending is baanbrekerswerk.
The Mending
Genre: Kontemporêre musiek
Taal: English
Ouderdomsbeperking: –
Tydsduur: 1 uur 10 minute
Kaartjies: R80
Plek: Thomas Pringle-saal & Guy Butler-teater, Grahamstad
Datum: 4 Julie 19:00 Thomas Pringle-saal, 5 Julie 19:00 Guy Butler-teater
The Mending

The Mending
Roekeloos
2
