My groot vet Griekse egskeiding

My groot vet Griekse egskeiding,
Bettie Blom,
15 Februarie 2015.


Polly en haar Griekse man Archie besit ’n groot boekwinkel in Randburg waar klante die koerant sit en lees terwyl hulle na die ou jukebox luister en aan die Griekse gebak peusel.

Maar Polly se wêreld stort in duie wanneer sy op ’n dag tuis kom om te hoor Archie is saam met ’n vrou in ’n luukse motor daar weg is.

Na ’n jaar is Archie stééds weg, en niemand weet waar hy is nie. Hy stuur kort, kriptiese boodskappe aan sy twee kinders en uiteindelik een aan sy prokureur om te sê dis reg so, Polly kan aangaan met die egskeiding en sy is geregtig op helfte van alles wat hy besit.

Maar Archie daag nooit op vir enige hofverskynings nie en die egskeiding kan nie voltrek word nie. Daar word ook geen geld uit hulle bankrekenings getrek nie en uiteindelik wonder Polly of die man ooit nog lewe.

My groot vet Griekse egskeiding gaan oor die soeke na Archie, Polly se gesukkel om te skei, en ’n reuse-verrassing. Die roman is vol humor en patos deur die skrywer van die topverkoper Kroes.

My groot vet Griekse egskeiding
My groot vet Griekse egskeiding
My groot vet Griekse egskeiding word hierdie maand nog vrygestel.

Koop / Buy My groot vet Griekse egskeiding >> (eBoek)

My groot vet Griekse egskeiding / deur Pat StamatelosUmuzi, Februarie 2015 — 208 p. ; sagteband. — ISBN 9781415207376

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply