#Woordfees Vaselinetjie

Vaselinetjie,
Roekeloos,
15 Februarie 2015.

Hierdie is Vaselinetjie se tweede inkarnasie vir die verhoog.

‘n Jong wit meisie, met die bynaam Vaselinetjie, word deur ‘n liefdevolle bejaarde paartjie grootgemaak, wie sy as haar grootouers ken. Maar die teenstrydighede in hoe Vaselinetjie lyk en en hoe sy praat, maak van haar ‘n uitgeworpene tussen ander kinders en in haar vormingsjare land sy in ‘n kinderhuis. Verwerk uit die bekroonde boek van Anoeschka von Meck – ‘n voorgeskrewe roman vir Graad 11-leerders – pak hierdie stuk sensitiewe onder-werpe soos rassisme, dwelmmisbruik, mishandeling, bende-aktiwiteite, prostitusie, diefstal en seksuele wangedrag.

Met: Andrea Streso, June van Merch, Cedwyn Joel, David Louw, Brendan van Zyl, Caleb Louw, Carla Schmidt, Du Toit Albertze, Jeandre Janse van Nieuwenhuizen, Jessica Badenhorst, Johan Jordaan, Jumaine Hansen, Nicola van der Westhuizen, Patricia Baadjies, Samuel Jumat en Sesethu Ntombela
Regisseur: Shirley Ellis
Teksverwerking: Hugo Taljaard
Vervaardiger: Herman Pieters
Mede-vervaardiger: Alma Rossouw

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 90 minute
Kaartjies: R 100 / R 60
Plek: kykNET Hoërskool, Stellenbosch
Datum: 9 – 11 Maart 18:30 |10 – 11 Maart 15:00

Woordfees 2015

2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar