My gunsteling kruie

As dit by kruie kom is Margaret Roberts reeds ‘n huishoudelike naam in Suid-Afrika. Haar jongste boek fokus op al haar gunsteling kruie waaroor sy al skryf vir jare. Dit bevat ook al die jongste inligting oor hoe om kruie te kweek en die moderne gebruike daarvan in die kookkuns en gesondheid.

My 100 Favourite Herbs is ‘n praktiese handleiding wat twee blaaie afstaan aan meeste van die kruisoorte. Dit bevat die instruksies vir hoe en wanneer om te plant. Hoe om te oes en resepte vir die kombuis.

Die teks word mooi toegelig deur Margaret sy eie tekeninge. Daar is ook foto’s om die identifisering van kruie te vergemaklik.

Hierdie is die enigste boek wat jy nodig het as jy graag wil begin met die kweek van kruie.

My 100 Favourite Herbs word hierdie maand vrygestel.

Lewer kommentaar

Leave a Reply