Hart van Windhoek-fees groter, beter, goedkoper

As jy verlede jaar Huisgenoot se Hart van Windhoek-fees misgeloop het, is dit vanjaar jou kans om deel van die pret te wees.

Hierdie fees is die grootste in Namibië en die hele gesin kan op 7-8 September kom deel in die pret. En boonop is die kaartjies goedkoper! Dit word vanjaar by die Doc Jubber-sportterrein (die tuiste van Namibië se Nasionale Hokkie-unie) in Windhoek gehou. Meer as 25 kunstenaars sal topvermaak verskaf, en daar sal ook hope ander aktiwiteite wees.

En as jy hou van braai, kan jy kom wenke steel by die bobaas-boereworskokke tydens die halfeind- en eindrondes van die Championship-boereworskompetisie.

Julle kan uitsien na optredes deur Jakkie Louw, Spoegwolf, Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Riana Nel, Karen Zoid, Vusi Mahlasela, Hulle, Die Tuindwergies, Elvis Blue, Emo Adams, Bok van Blerk, Kurt Darren, Arno Jordaan, NRG en Nicholis Louw. Die NAMA wenner Linda sowel as SA se eie ‘Mi Casa’, sal ook by die fees te sien wees.

Dit is die derde jaar dat Huisgenoot die Hart van Windhoek-fees in samewerking met HilltopLive in Namibië aanbied. Sowat 20 000 feesgangers word verwag. Vanjaar is FNB, Shoprite Checkers, kykNET, Tafel Lager, Leo cell, Coca-Cola, die dagblad Republikein, die radiostasie Kosmos 94.1, Air Namibia, Kalahari Sands en die Windhoek-buiteklub aan boord om dit ’n treffernaweek te maak.

Tafel Lager is die amptelike koue goue van die fees en sal sorg vir ’n 100 meter lange kroeg. Dit is die langste kroeg wat Namibië nog ooit gesien het en hierdie jaar word daar lekker partytjie gehou tot 02:00, met voetjeuk orkeste en DJ’s tot laat in die aand. Checkers is verantwoordelik vir ’n kosterrein met allerhande kosstalletjies sodat almal kan smul aan egte Windhoek-kos.

Hart van Windhoek-fees
Hart van Windhoek-fees
Vanjaar se fees belowe ook ’n groter Kidzone waar die kinders vermaak gaan word. Daar is heelwat koelte en stoele sal verskaf word. Slegs drank in plastiekhouers mag uit die kroeggebied geneem word. Toegang is beperk tot feesgangers van 18 jaar en ouer, en veiligheidspersoneel kan ID’s versoek. Vanjaar sal jy ook in die kroeggebied kan sit en na optredes kyk! Geen stoele of koelbokse van buite word toegelaat nie. Hand sambrele word wel toegelaat, maar ongelukkig nie gazebo’s nie.

Kaartjies vir die feesterrein is beskikbaar by Computicket of takke van Shoprite en Checkers. Goue Sirkel-kaartjies bied feesgangers die geleentheid om konserte van rég voor die verhoog te beleef. En dis boonop goedkoper as verlede jaar! Kaartjies beloop tussen R80 en R140. Vanjaar sal daar benewens die Goue Sirkel-kaartjies, gereserveerde sitplekkaartjies beskikbaar wees. Kinders jonger as 12 betaal slegs R25 elk, en kan ‘n lekker ‘lucky packet’ verwag by die hek.

Lewer kommentaar

Leave a Reply