Op haar een-en-dertigste verjaarsdag besluit Roxy: van nou af wil sy ’n lipstiek-lewe hê, ’n roekelose skelrooi lipstiek-lewe.
Want een-en-dertig is die eerste tree ondertoe. Van hier af is dit al die pad afdraand.
Só ’n lewe behoort nie ’n probleem te wees nie; almal dink in elk geval sy is “flirty” en uitgesproke – grotendeels weens haar blog wat sy onder die skuilnaam Jessica Rabbit skryf. Haar kollega Zander dink sy is Jessica Rabbit in lewende lywe: so sensueel dat sy ’n nat lap aan die brand kan steek. Maar Roxy voel allesbehalwe sensueel. En sy het ’n geraamte of twee in haar kas.
Skrywer: Kristel Loots
ISBN: 9780624049012
Prys: ongeveer R 149.95
\’n Lipstiek lewe – Kristel Loots
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)