Naweek

Sex & drugs & rock ’n roll … Toast Coetzer se prosadebuut, Naweek, sleep die leser deur die ekstase maar ook die verskriklike tuimelings van die rockwêreld.

Sy novelle gaan spesifiek oor die dwelmgedrewe kreeftegang van ’n Afrikaanse rocker. ’n Kreeftegang is dit in meer as een opsig, want ook die verhaal word van agter na voor vertel. Dit begin met die doodsberig van die held, ene Le Roux (Maanhaar) Basson, en tree vir tree word die leser teruggevoer, word jy gedwing om agteruit te loop na daardie voorval wat Maanhaar se swanesang ingelui het. En agteruit loop, kom die leser dan agter, beteken ánders kyk, ánders ervaar, en as’t ware om uitgelewer word aan die verwronge logika wat dwelms en die aanbidding van skares meebring.

Toast Coetzer is die voorprater en liriekskrywer vir die groep The Buckfever Underground wie se albums deur min mense gekoop word, maar dié wat dit wel koop hou baie daarvan. Hy het een keer, jare gelede, die bass player van Skunk Anansie in ’n poolgame geklop. Hy is ook mede-redakteur van Ons Klyntji, die oudste Afrikaanse tydskrif in die heelal. Bedags werk hy as reisskrywer by WEG en Go! tydskrifte om vir die gelag (en die rekeninge) te betaal.

Naweek
Naweek

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply