Om na ‘n wit plafon te staar

Lourens Erasmus, gefrustreerde motorjoernalis in sy laat 30’s, se paaie kruis toevallig met dié van boekeredakteur wat hom verkeerdelik aansien vir ‘n kollega van hom – een wat kan skryf. Kort voor lank dink sy hy is die “nuwe Afrikaanse stem” wat haar loopbaan – en reputasie – weer nuwe stukrag kan gee. Teen die tyd dat sy haar fout agterkom, is dit te laat. Daarom volhard sy met die drinkende, polities-inkorrekte Lourens.

Maar hy verras haar deur vorendag te kom met ‘n roman oor ‘n Stellenbosse mediese professor wat toevallig ‘n middel ontdek wat mense in staat stel om swart te word. Die boek verwek opspraak en groot konsternasie onder sy polities korrekte kollegas. En so onderneem Lourens nie net ‘n reis op soek na ‘n voltooide roman nie, maar ook na homself en sy plek in sy geboorteland.

Om na n wit plafon te staar 

Om na n wit plafon te staar

Jaco Kirsten het reeds wydlopende werkservaring opgedoen as brandweerman, veiligheidswag, reklameman, kopieskrywer en joernalis. Hy het veral bekendheid verwerf as skrywer van die Van Alle Kante-rubriek in Die Burger. Deesdae is hy redakteur van topBike-motorfietstydskrif. Hy en sy vrou, Annelize, woon in Sunset Beach naby Kaapstad.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

  1. Dis ‘n boek wat elke afrikarer oor 35 moet lees! Great werk, jy inspireer my Jaco!

Lewer kommentaar

Leave a Reply