Ontdek: Diere

Hierdie diereboek gee nuuskierige agies die kans om die wonders van die diereryk te ontdek. Dit bied ’n omvattende blik op allerhande soorte diere –– van die kleinste insekte tot die enorme boggelrugwalvis!

Kinders kan onder andere ontdek hoe voëls, vlermuise en insekte begin vlieg het, waarvoor diere hulle kleur gebruik en hoe pikkewyne die ergste koue oorleef. Die inhoud sluit in die definisie van ’n dier, ongewerweldes, koudbloedige gewerweldes, warmbloedige gewerweldes, evolusie, uitgestorwe spesies, liggaamstelsels, sintuie, dierediëte, ouerskap, seediere, lewe in vars water, koue en ys, in die woestyn, oop grasveld, tussen bome, hoog in die lug, dierehuise, migrasies, oorlewing, saamlewe, lewe in groepe, die mens, plaasvee, werkdiere, dierevriende, peste, bewaring, diere en mites, rekordhouers, boom van lewe en dierekyk. Die illustrasies en detail in die boek sal enige kind se belangstelling prikkel!

Lewer kommentaar

Leave a Reply