Suid-Afrika se Xhosa-sprekende Joodse komediant, Nik Rabinowitz, het ’n nuwe stand-up-show.
Die keer probeer Nik uitvind wie hy is, waar hy vandaan kom, waarheen hy gaan, en hoe hy hier beland het, met ‘n vrou, drie kinders, twee diere, een verband en die vae gevoel dat hy alles moet inpak en verhuis na Litoue.
