Diep diep in die Knysna-bosse is daar is ‘n geklop aan die houtkappervoorman se deur. Hy maak die deur oop en daar staan ‘n skraal, krom oupatjie wat leuen op ‘n verweerde byl.

“Jy soek sekerlik nie werk nie oupatjie.” lag die voorman.
“Asseblief” smeek die ou man, “gee my darem ‘n kans om te wys wat ek kan doen.”
“Nou maar reg” grynslag die voorman. “Gaan kap daai reuse boom daar duskant af dan kyk ons.”

Die voorman het skaars die deur agter hom toegemaak toe is daar weer ‘n geklop. Toe hy die deur oopmaak staan die oupatjie daar en die boom lê voor sy voete.

“Genade, waar het jy geleer om so te kap?” vra die voorman.
“In die Sahara-woud” sê die ou man.
“Jy bedoel seker die Sahara-woestyn” sê die voorman.
“O” sê die ou man en lag skelm, “is dit wat hulle dit deesdae noem.”

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar