Ook skaduwees laat spore

Veral in die jare 1954 tot 1986 het Hennie Aucamp sogenaamde populêre verhale geskryf wat oor die radio voorgelees en in studente- en gesinstydskrifte gepubliseer is. In hierdie bundel bied Tafelberg Uitgewers lesers ‘n keuse uit dié werk. In die vroegste verhale roep hy sy jeugwêreld, die Stormberge, helder op, en ‘n vervloë era herleef. In die lateres word ander omgewings en leefwyses verken.

Tye en kontinente mag wissel, maar telkens toon Hennie Aucamp hoe die mens in nood uitreik na sy medemens. Dit is die eerste keer dat die vroeë werk van hierdie prominente en bekroonde skrywer gebundel word.

Hennie Aucamp was professor aan die Departement Afrikaans by Opvoedkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Tans woon hy in Kaapstad. Van sy veelvuldige boeke is die volgende bekroon: Hongerblom, Wolwedans (W.A. Hofmeyr) en Gekaapte tyd (Recht Malan). Hy wen die die Hertzog prys vir al sy prosa tot 1982. Sy vorige publikasie by Tafelberg is Lyflied.

Ook skaduwees laat spore – Hennie Aucamp

Lewer kommentaar

Leave a Reply