Soet September

Dit het lankal tyd geword vir ons om verby die Valiants en Kombuise te kyk na die talent wat ons môre gaan rock in Afrikaans. Spinnekop is een van hierdie klompie wat beslis die potensiaal het om die vaandel te dra.

Gian Groen en makkers se CD Soet September getuig hiervan. Haal daai ou was van verlede jaar uit jou ore en luister aandagtig na Soet September, by tye kliphard en by tye saggies saam met niggie of nefie van langsaan. Jy sal die indruk kry dat die Spinnekop-papie nog kan ontluik in ‘n klassieke rock ensemble met bedonnerse bevlieginge en ‘n ballade hier en daar.

Geen pryse vir die wat kan raai dat “Roekeloos in Dorpstraat” ‘n gunsteling die kant is nie.

Koop gerus en gaan sien hulle iewers live.

7/10

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar