Riaan Cruywagen se lang verwagte outobiografie Wat’s Nuus is op die rakke. Johnny le Roux van Naledi gesels met dié veteraan-nuusleser en TV-legende oor sy lewe in die kollig.
Ná 47 jaar in die uitsaaiwese onthul Riaan wat agter die SAUK, vandag die SABC, se kameras gebeur, en hoe hy dit regkry om ná 37 jaar steeds saans die nuus aan Suid-Afrika te bring. Hy vertel van daardie histeriese lag voor die kamera in die tagtigerjare, en hoekom hy deesdae in popmusiekvideo’s saam met mooi meisies verskyn.
“Dis die ekwivalent van ʼn lekker bottel wyn voor ʼn kaggelvuur!” sê resensent Leon van Nierop.
Kom luister na die man agter die nuus. Getekende Wat’s Nuus sal te koop wees.
Moenie hierdie besondere geleentheid misloop nie.
Met Riaan Cruywagen en Johnny le Roux
Datum en tyd: Sa 30 Junie 14:00
Venue: Stoep Restaurant (langs Inniboskantoor)
Tydsduur: 55 minute
Prys: R52