Die eerste papiergeld, riksdaalders, word aan die Kaap in gebruik geneem in 1782. Hierdie note is deur die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie gewaarborg.

Die riksdaalder was die plaaslike naam vir die Nederlandse ryksdaalder. Dit was in die tyd in groot dele van die wêreld in gebruik. Die Engelse woord dollar is hiervan afgelei.

Die riksdaalder was vir 59 jaar in gebruik aan die Kaap. Dit is deur Britse pennies en silwermunte vervang.

Lewer kommentaar

Leave a Reply