SA kry Kindle

Oor ‘n paar dae sal Suid-Afrikaners Amazon se Kindle kan aanskaf.

Kindle
Kindle

Amazon het die week bekend gemaak dat hulle die internasionale weergawe van die Kindle in Oktober gaan vrystel in 100 lande, insluitende Suid-Afrika.

Jy kan jou Kindle op Amazon se webwerf bestel vir sowat R2 000+. Amazon begin op 19 Oktober met verskeping.

Die vinnigste manier om die Kindle te gebruik om boeke van Amazon se webwerf af te laai is 3G-tegnologie, soortgelyk aan die van selfone. In Suid-Afrika sal daar egter meesal van GPRS of Edge gebruik gemaak word.

Die elektroniese boeke by Amazon is beskikbaar teen so min as $5,99 (R43,29).

Sekere funksies soos die webblaaier en blogs sal nie vir Suid-Afrikaners beskikbaar wees nie.

Mens wonder onwillekeurig of Amazon nog steeds voorbehoude het om van die Suid-Afrikaanse Poskantoor se afleweringsdiens gebruik te maak.

Koop / Buy Kindle Wireless Reading Device (6″ Display, U.S. Wireless, Latest Generation) (maak seker jy kies die een met beide US Wireless en International Wireless)

Lewer kommentaar

Leave a Reply