Santa Gamka

Die Karoo het te warm geword vir Lucky Marês. Op die letterlikste denkbare manier.

Nóg sy gevatheid, nóg sy mooi voorkoms gaan hom red. Hierdie boorling van die dorp Santa Gamka, seun van ’n plaaswerker, se geluk is uitgedien. Net sewe minute en als is verby. Dat opsluiting in ’n pottebakkersoond nou sy laaste aardse avontuur moet wees!

Dit is vanuit hierdie helleput, die drumpel van die dood, dat Lucky sy kort maar avontuurryke lewe in oënskou neem: Sy geboorte en sinlike ontwaking op die plaas Bethesda, sy bekendstelling aan die wêreld van woorde en boeke aan die hand van Mr D’Oliviera, sy seksuele inlywing aan die lyf van sy tante Diané en sy verkenning van nuwe horisonne agter die enigmatiese swerwerspaar Eddy & Eamonn aan.

Maar eintlik vertel hy van sy sewe groot avonture, sy sewe kliënte.

Lucky is ‘n rentboy. Die vryhede wat die nuwe demokratiese bestel het, het hy nie benut om geleertheid te bekom nie. Al is hy begaafd. Hy het ook nie die politiek aangegryp nie. Al loop hy oor van charisma. Lucky vier sy vryheid op die direkste moontlike manier, naamlik met die lyf, en aan enigeen wat kan betaal – man, vrou, oud en jonk, boer en burgemeester – bied hy die ekstases van die lyf.

Santa Gamka
Santa Gamka
En op die Karoodorp Santa Gamka versmelt al die opsigtelike verdeelthede ondergronds tot ‘n poel kolkende begeerte. Wit en swart, bodorp en onderdorp, boer en plaaswerker, toeris en dorpenaar, wankel almal heerlik preker saam op die donker ondergrond waar Lucky sake roer.

Die skrywer, Eben Venter, het juis op ‘n skaapplaas grootgeword.

7 Oktober 2009

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar