Skepsel is ’n roman met drie vertakkings.
’n Posthuman biohacker trou met ’n olietenkskip iewers op die oop see, en maak kuns oor die proses. Die skip se rekenaarstelsel versmelt met sy cyborgminnaar se bewussyn, en voer weldra ’n gesprek met ’n verlate slimhuis wat half mens geword het.
Aan die Kaapse Weskus versorg Rebecca Maas haar sterwende pa in hierdie slimhuis, ’n huis wat praat in die stem van Rebecca se gestorwe ma. Mettertyd word haar pa se liggaam verteer tot kos vir ’n sampioenegraf.
Op Svalbard naby die Noordpool het ’n Suid-Afrikaanse navorser se kollega en minnaar spoorloos verdwyn. Hulle is daar om misterieuse spierwit items te ondersoek – dalk beendere, maar dan beendere wat vertak en ineensmelt soos geen aardse dier s’n nie, en wat warm en glimmend skuil in die ys van die Poolsirkel.

Skepsel - Willem Anker
Skepsel – Willem Anker

Skepsel / deur Willem Anker— Human & Rousseau, Oktober 2020; sagteband. — ISBN 9780795802171

Lewer kommentaar

Leave a Reply