Wat het jy as jou skoonma tot by haar skouers in sement staan?
Te min sement!
Wat sê jy vir iemand wat net een maand oor het om te lewe?
Gaan bly by jou skoonma dan voel dit soos ‘n ewigheid!
Anell de Beer: Die paartjie is gereed om die aand uit te gaan – opgedollie, die ligte brand en die hond is buite gesit.
Net toe die taxi opdaag hardloop die hond weer in en weier om uit te kom.
Die man is agter die hond aan terwyl sy vrou by die taxi wag. Omdat sy nie wil hê die taxidrywer moet weet daar is niemand by die huis nie verduidelik sy dat haar man net gou haar moeder gaan groet het.
‘n Rukkie later daag haar man op en klim in die taxi.
“Jammer dat ek so lank getalm het.” sê hy. “Die onnosel teef het onder die bed gaan lê en ek moes haar met die besemstok por om uit te kom. Toe moes ek haar in ‘n kombers toedraai om te keer dat sy my nie byt nie. Ek het haar by die trap afgesleep en haar in die agterplaas gegooi. Sy beter nie weer in die groentetuin skyt nie.”
Adriaan Conradie: Wat doen jy as jy jou skoonma in die tuin sien rondloop?
Lê aan en skiet weer.
Johan Nel: Gehoor van die ou wat vir sy skoonma werk gekry het as ‘n voëlverskrikker op ‘n plaas.
Die plaasbestuurder se hy is so beïndruk met haar, want die voëls bring tot verlede maand se oes terug.
Wat het jy as jou skoonma tot by haar skouers in sement staan?
Te min sement.
(oorspronklik verskyn 17 Januarie 2009)
