skool

Hy huiwer voordat hy klop. ’n Spiertjie spring in sy wang; hy raak aan die diktafoon in sy hempsak. Op die deur is ’n plaatjie met die woord “skoolhoof”.

Hy het ’n lang pad gekom. Sy navorsing oor die Suid-Afrikaanse onderwyskrisis het hom geneem van skole wat brandarm, gevaarlik en versukkeld is tot die rykste skole waar die probleme nie armoede of geweld is nie, maar iets soos eetversteurings. Hy het in ’n doolhof beland, weet hy. Moontlike antwoorde lei net na ander vraagstukke; nuwe invalshoeke ontbloot net verdere krisisse. Hy kry te doen met karakters en situasies wat die skokkende statistiek in sy leeswerk tot grieselige lewe verwek. Hy huiwer voor hy klop …

Theo Kemp se debuut is ’n deurtastende ondersoek na Suid-Afrika se benarde onderwyssituasie, maar dis ook ’n pakkende verhaal oor die een wat die ondersoek doen. Dis ’n reisverhaal waarin nie net ’n komplekse aktualiteit verken word nie, maar ook die lewe van die reisiger, van ’n lewe in Suid-Afrika.

Skrywer: Theo Kemp
ISBN: 9780624053057
Prys: ongeveer R 195.00
Formaat: Sagteband, 264pp

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Koop / Buy Skool >>

skool
skool

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar