Roekeloos
As KK verlief raak op Katryn van der Merwe kom sy hele familie in opstand – selfs sy voorouers.
Om alles te kroon los KK sy skoolliefde vir Katryn, ’n skoolliefde wat die goedkeuring dra van die voorvaders.
KK staan vir Kgoroto Mashobohleng. Katryn is nie alleen wit en Afrikaans nie, sy is boonop ’n vegetariër.
In KK se tuisdorp klap die skindertonge behoorlik oor die wit vrou wat hom aan die neus lei en gaan veroorsaak dat hy ophou vleis eet.
Die familie is in ’n toestand, want wat sal KK vir die bruilof slag … ’n tamatie?
Die pad van die liefde is nooit maklik nie en vir arme KK is dit nog boonop besaai met vooroordele.

Een ding is seker, as daar ’n huwelik gaan wees, gaan moeilikheid wees.
Skrywer: Nape a Motana
ISBN: 9781415201237
Prys: ongeveer R 180.00
Formaat: Sagteband, 304pp
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)
