Elle Roux ken die verskille van die lewe. Dié tussen liefde en seks, dié tussen vashou en vasgehou wees. En sy is aan die regte kant van veertig vir ‘n vrou wat meer wil weet as net die verskille tussen mans wat amper lekker is en mans wat amper genoegsaam is.
