Kieslys

Close


*/

15 Januarie
2014
Boeke
1538 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Speels

Boeke


Elle Roux ken die verskille van die lewe. Dié tussen liefde en seks, dié tussen vashou en vasgehou wees. En sy is aan die regte kant van veertig vir ‘n vrou wat meer wil weet as net die verskille tussen mans wat amper lekker is en mans wat amper genoegsaam is.

Geïnspireer deur ‘n oopkop dominee, word sy ‘n entoesiastiese student aan die Universiteit van Sensualiteit. Sy slaag met hoogste lof in die kursus vir mans ontmoet via moderne kommunikasiemiddels. Sy looi haar onderste chakra met die hulp van ‘n Namibiese plesierdier. Sy bevorder haar hand tot adjudant. Sy raak intiem bevriend met die fraaiste vibrator, maar mis iemand wat agterna in haar ore kan fluister. Sy leer Afrikaanse minnaars in alle skakerings ken. ‘n Buitelandse vriendin masseer haar byna in ‘n avontuurlike lewensverandering in, maar sy bly hunker na mans wat die seks én intimiteit ken. Want Elle is vertroud met een groot lewenswaarheid: Mans is eienaardige wesens.

Speels beskryf Elle Roux se ompad na die liefde op ’n onvergeetlike manier. Eens was sy jonk en roekeloos genoeg om haar kop gereeld te stamp. Ná hierdie spulse lewenskursus word sy wys en leer ons die groot les van die sensuele vrou se lewe: Laat ander hul koppe stamp, sorg jy dat jy weet wat jy regtig wil hê, en kry dit.

♦♦♦

Koop / Buy Speels (sagteband) >>

Speels

Speels

Koop / Buy Speels (eBoek) >>

Speels / deur Elle RouxNaledi. — ISBN 9781920654238

Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: Speels, Elle Roux




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Boeke
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Boeke
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Boeke
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
24 Mei 2012
Boeke
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?
07 Januarie 2009
Boeke
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.

Onlangse kommentaar

Roekeloos
2018-07-13 18:15:56
99% van die graderings is geoutomatiseer. Daarom begin hulle laag en styg mettertyd soos nuwe data b...
Delize Smith
2018-07-13 17:54:29

2* belaglik Was tenminste 4* Enigste kritiek was teater Klank nie so goed

...
Roekeloos
2018-07-11 13:15:11
Daar is een by die Rambler's Club in Bloemfontein van 27 tot 29 Julie....

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD | Ons toets tans ’n kode om wiskundige probleme op te los met behulp van gebruikers se blaaiers; om nie afhanklik te wees van advertensies nie.