Huldeblyk aan Fanie Fouche

Fanie Fouche was een van Suid Afrika se mees talentvolle sangers, musikant en komponis.

Net voor hy oorlede is, het Fanie `n nuwe CD klaargemaak. Die 21ste Januarie wil die Musiek Industrie graag hierdie CD namens Fanie vrystel en hulde bring aan hom as mede musikant.

Coenie de Villiers: “Fanie was miskien nie bekend as solo kunstenaar nie, maar ons musikante en veral die Afrikaanse musiek geledere het geweet wat daar in hom steek. Daar was feitlik nie `n CD waarop Fanie nie agtergrond musiek gesing het nie, en hy was deel van menige konserte”.

Sy laaste konsert was hier by die Atterbury-teater saam met Laurika Rauch.

Hierdie noemenswaardige kunstenaars sal elkeen op hulle soortige manier erkenning gee aan Fanie en sy talent.
Sy CD sal ook beskikbaar wees aan die publiek op 21 Januarie 2014.

Met: Coenie de Villiers, Laurika Rauch & Jak de Priester

21 Januarie 2014
08h00
Atterbury-teater, Pretoria
R180.00

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar