Toe Elvis ophou sing


Waar het alles so verkeerd gegaan? Sy het haar voorgeneem om nie soos Ma koud en afsydig teenoor haar man te wees nie.

Om te veg vir haar huwelik. Ma het in die huwelik gebly in liggaam maar haar gees was nie daar nie. Sy was nog heeltyd in liggaam en gees daar. Sy het alles gegee, altyd die vrede probeer bewaar, nooit die appelkar omgegooi nie. Hoekom is dit dan dat sy nie haar man kon hou nie?

In hierdie aangrypende roman word pertinente vrae gevra: Waarom bly ons lojaal tot die mense vir wie ons lief is? Is daar ’n “reg” en “verkeerd” in verhoudings? Is dit onselfsugtig en groothartig om by ’n verslaafde te staan – of eerder pateties om nie jouself eerste te stel nie?

Toe Elvis ophou sing is ’n boek wat ʼn binnekyk gee in die lewe van alkoholisme gesien deur die familielede van die alkoholis. Meer spesifiek die kind van ’n alkoholis. Die boek beeld die progressiewe stadia van alkoholisme uit. Waar die alkoholis net as ’n sosiale drinker begin en opeindig as ’n aggressiewe dronkaard.

Toe Elvis ophou sing ondersoek ook die effek, wat alkoholisme het, op die individu wat in so ’n huis grootword en later ’n huishouding van haar eie het. Hoe denkpatrone, gedragspatrone en keuses steeds gedryf word deur hierdie disfunksionele gesinsomstandighede waarin die volwassene as kind grootgeword het.

Toe Elvis ophou sing
Toe Elvis ophou sing
Toe Elvis ophou sing / Juanita Aggenbach — Protea Boekhuis, 21 Oktober 2015; 192 p. ; hardeband. — ISBN 9781485302711

Toe Elvis ophou sing,
Bettie Blom,
21 April 2016.

2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar