#suidoosterfees Nommerpas Twee

Nommerpas Twee is ‘n vermenging van sketskomedie en skerpskerts.

Lee is die eienaar van die dobbelplek in hedendaagse Distrik 6 en ken al sy kliënte se stories en geite. Gemoedere glip van ekstase tot wanhoop en weer terug in ‘n oogwink wanneer Lee se “meisiepop” kom nesskop in die winkel.

Soos met die lewe skuur tragedie en komedie skouers wat beteken humor is volop in die verhaal van die nommers.

Met Hein Poole, Lee Roodt, Elizna Vermeulen en Annemarie Hattingh

Regie Gaerin Hauptfleisch

Teks Hein Poole, Lee Roodt

Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjies: R90
Plek: Kunstekaap Arena, Kaapstad
Datum: Vrydag 29 April 18:30-19:30, Saterdag 30 April 17:30-18:30

Suidoosterfees 2016

Nommerpas Twee,
Roekeloos,
20 April 2016.

2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar