Treurgrond bied ’n blik op plaasaanvalle in Suid-Afrika.
Die boek maak egter glad nie aanspraak daarop om volledig te wees nie. Die getal aanvalle en moorde in die boek bestaan net uit voorvalle wat uit koerante en ander bronne bevestig kon word. Die volledigheid van die beskrywings is ook afhanklik van die volledigheid waarmee koerante en ander bronne die voorvalle beskryf het. Lesers wat oor meer volledige inligting beskik, word aangemoedig om met TLU SA in verbinding te tree sodat die inligting aangevul kan word.
Die boek het ‘n ouderdomsbeperking van 18. Die rede vir dié beperking is om te probeer voorkom dat kinders die boek sonder die begeleiding van hulle ouers lees.
Spesiale erkenning word gegee aan AfriForum, ‘n inisiatief van Solidariteit, wat ‘n ruim bydrae gemaak het om die boek moontlik te maak.
Treurgrond word opgedra aan al die vriende en familie van diegene wat op Suid-Afrikaanse plase en kleinhoewes vermoor is.
Die boek is saamgestel deur Dr. Dirk Hermann saam met maj. Chris van Zyl.

Prys: ongeveer R 150
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

waar kan ek die boek koop treurgrond, kry hom nerens te koop nie
Volgens die uitgewers is die boek uitverkoop.