In 1920 skilder Paul Klee die olieverf-skildery, Angelus Novus.

In 1940 vertolk Walter Benjamin in sy geskrif, “Űber den Begriff der Geschichte”, dat dít is hoe die engel van die geskiedenis moet lyk: met oopgesperde vlerke, op die punt om weg te vlieg, kyk hy om. Hy sien ’n katastrofiese verlede, wil terug, die wrakstukke wat hy daar sien opruim, maar ’n storm uit die paradys het hom aan die vlerke beet, waai hom genadeloos die toekoms in.

In die eerste gedeelte van Tweespoor word ’n spesifieke suider-afrikaanse verlede ontgin, en in die tweede ’n stormagtige eietydse werklikheid. Benewens dié twee spore waarop die bundel kortprosa loop, veroorsaak die geskiedenis wat ingesement in die psiges van karakters lê, en die opsies wat die hede bied, ’n turbulensie wat mense in twee rye spore laat loop.

Tweespoor / Helena Gunter — Protea Boekhuis, 21 Mei 2018; sagteband. — ISBN 9781485309291

Tweespoor,
Bettie Blom,
16 Junie 2018.

3

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar