’n Australiese uitgewer, Penguin Group Australia, moet 7 000 kopieë van die resepteboek, Pasta Bible, herdruk.
Die probleem met die boek was die resep vir tagliatelle met sardyne en prosciutto. In plaas van “salt and freshly ground black pepper” as geurmiddels stel die resep voor jy gebruik “salt and freshly ground black people”.
Die herdruk gaan Penguin Group Australia meer as R133 000 uit die sak jaag. Hulle gaan egter nie die foutiewe boeke van die rak haal nie. Volgens die uitgewer is dit ’n onmoontlike taak.
Jy bekom dalk ’n versamelstuk as jy die Pasta Bible koop wat nou op die rak is.
Jy kan Pasta Bible by hierdie skakel koop.

