Vereeniging: Die onvoltooide vrede

Vereeniging: Die onvoltooide vrede

Roekeloos

“Dit was die begin van die einde van die ou orde: ons het nie geweet wat aangaan nie en kon nie meer sonder die ystervuis van die veiligheidsmagte regeer nie.”

So sê Leon Wessels, gewese adjunkminister in PW Botha se Staatsveiligheidsraad.

In David Goldblatt se boek Some Afrikaners Revisited is daar ‘n foto van ‘n berede jong Afrikaner, geneem by ‘n Nasionale Party-viering in 1964. Daardie jong man was in 1990 die eerste lid van die NP-regering wat verskoning vir apartheid gevra het, en in November 2009 het hy uitgetree as Menseregtekommissaris.

Watter pad het hom tot hier gelei? En watter pad het Suid-Afrika in dieselfde tyd geloop? Wessels vertel pakkend van die groot politieke veranderings wat hy beleef het, as minister in die laaste apartheidskabinet, as grondwetonderhandelaar en menseregte-kommissaris.

Maar dis ‘n groter verhaal wat hy vertel. “Dit maak my vies wanneer apartheid die skuld kry vir alles wat skeef loop,” se hy. “Dit maak my net so vies wanneer mense maak asof apartheid geen impak het op hedendaagse vraagstukke nie.”

Vereeniging: Die onvoltooide vrede
Vereeniging: Die onvoltooide vrede

Hy loop hier sy persoonlike reis na, van jong berede polisieman tot grondwetskrywer tot pleitbesorger vir menswaardigheid. In dieselfde asem vertel hy van die groter reis wat Suid-Afrika afgelê het, van die Vrede van Vereeniging in 1902 tot by die ondertekening van die nuwe Grondwet in 1996, op aandrang van Nelson Mandela in dieselfde dorp.

Saam met hierdie intieme blik van binne kom talle staaltjies en vertellings waarin die menslikheid aan beide kante van ons pad na demokrasie afgeteken staan teen die groot en soms dodelike magte van die geskiedenis.

Die boek is ontwapenend eerlik en die skrywer se geesdrif aansteeklik. Dit is ‘n passievolle pleidooi teen rassisme en vir die regstaat, menseregte, die armes, en versoening.

Skrywer: Leon Wessels
ISBN: 9781415201213
Prys: ongeveer R 220.00
Formaat: Sagteband, 416pp

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply