Stellenbosch se studente is opstandig.
Die dorp brand, en in Sophia se klein dog veilige huisie droom sy van Pompeii en wegloop, weg van elke dag se sleur by BoekWeb en haar man se speurderwerk.
Wanneer haar klein Magriet wegraak en Sophia ontvoer word, moet sy egter spartel om uit die web te kom – haar kind moet van die spinnekop gered word.
In Naomi Meyer se debuutroman word die Boland, SA en ons almal se brandpunte helder verlig.
Web / Naomi Meyer — Queillerie, 10 Maart 2017; sagteband. — ISBN 9780795801204
Web,
Bettie Blom,
7 Mei 2017.
