Die Suid-Afrikaanse visuele kunstenaar, William Kentridge, het Spanje se gesogte kunsprys, die Prinses van Asturias-toekenning, gewen.
Kentridge is een van die wêreld se mees gevierde kunstenaars. Hy is veral bekend vir sy geanimeerde tekeninge in houtskool en ink.
Die beoordelaars het hom geprys as “een van die mees veelsydige, innoverende kunstenaars op die internasionale toneel”.
Kentridge sal die toekenning van 50 000 euro (sowat R740 000) in Oktober vanjaar ontvang.
(foto: Axel Stalljohann)