Afrikaner-Saboteurs in die Ossewabrandwagjare
Bomplanters, sluipmoordenaars, saboteurs. Almal Afrikaners.
Kragstasies is opgeblaas en politieke moorde uitgevoer.
Dié terreurveldtog van militante Afrikaners, wat die land in die 1940’s naby aan die afgrond van anargie gebring het, is vandag grootliks vergete.
In Wit terroriste vlek Albert Blake dit oop.
Wat het hulle gedryf? Waarvoor het hulle baklei? Was hulle verraaiers of was hulle ware patriotte?
’n Fassinerende blik op ’n versweë, hoogs aangrypende deel van die Afrikaner-geskiedenis.
Wit terroriste / Albert Blake — Tafelberg, 27 September 2018; sagteband. — ISBN 9780624081586
Wit terroriste,
Bettie Blom,
4 November 2018.