Kassie en Rooi is nou in die Spesiale Spookeenheid – ’n elite SAPD-groep.
Maar as oud-stasiespeurders word hul vaardighede ernstig bevraagteken deur hul nuwe bevelvoerder.
Wanneer ’n Amerikaanse wetenskaplike in ’n Waterfront-hotel vermoor word, is dit ’n gulde geleentheid om hul staal te wys, tussendeur ’n Washington-gekonkel, ’n oud-Pollsmoor-gevangene op vrye voet in Kaapstad en duisterhede in hul bevelvoerder se persoonlike lewe.
En dan’s daar die man met Die Drang … en sy kettingsaag.

Ys / deur Rudie van Rensburg — Queillerie, 16 April 2018 ; sagteband. — ISBN 9780795801501 : R 260.00
Ys
Bettie Blom
22 Julie 2018
