Na die sukses van seisoen 1, is die veteraan-akteurs Frank Opperman en Pierre van Pletzen, en hul rock band met Leon Ecroignard en Marshall Harmse, Harrebaard, terug op die kassie, en hierdie keer op toer.
Die band toer met almal se gunsteling liedjies, van ‘Johnny is nie dood nie’ tot ‘Gisteraand’ en daar is selfs nog ‘n paar wat die kykers in die eerste seisoen nog nie gehoor het nie. Kykers sal hierdie Suid-Afrikaanse legendes kan sien as hulle begin met hul nuwe musiekreis deur Suid-Afrika met optredes in dorpe soos Welkom, Parys, Mosselbaai, Kaapstad en dies meer.
Die ooms is beslis nog nie klaar geraas gemaak nie! Daar gaan baie gelag, gedans en gesing word, dit kan nie misgeloop word nie. Elke optrede in die verskeie dorpe word opgeneem vir die tweede seisoen, en natuurlik gaan daar baie ‘fans’ ook dus deel word van die episodes.
Seisoen 2 is tans op VIA, DSTV kanaal 147.
Op 28 Julie is daar ‘n opname by Die Boer in Durbanville. Kaartjies kos R130 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com.
Hi, ek wil graag weet waar tree julle op? Gaan julle na die Aardklop fees volgende week in Potchefstroom